MenzseMan se skelmpie wat werk by die nerf-af kneukel garage stuur hierdie vir Menz vanmore:
Memo aan alle werknemers van Plasie se nerf-af kneukel garage.
Na ‘n onlangse ongelukkige insident met ‘n kledingstuk, ‘n oerwoud, en ‘n harige diertjie wat in die oerwoud woon, het dit aan die lig gekom dat die verwysing na die genoemde harige diertjies en verwante spesies die gevoelentes van rooiboordjie draers in die land erg kneus.
Hier by die nerf-af kneukel laat ons nie ‘n geleentheid verbygaan om skaamteloos virtue signalling te pleeg nie…
Ah-hem. Ons wag nou nog net vir JOU om klaar virtue signalling te Google…
Soos ek besig was om te sê. Hier by die nerf-af kneukel laat ons nie ‘n geleentheid verbygaan om skaamteloos virtue signalling te pleeg vir bruintjie punte nie.
Met onmiddelike inwerkingtreding sal die stuk gereedskap soos in die illustrasie vertoon voortaan bekendstaan as die verstelbare kierietjie F moersleutel. Omdat ons bewus is dat u graag om vyfuur wil huistoegaan, en nie wil tydmors op lang verduidelikings nie, het die bestuur besluit dat fokken tool ook aanvaarbaar sal wees.
Versuim om gehoor te gee sal tot gevolg hê dat een uur by u werksdag gevoeg sal word vir elke verwysing na die gereedskapstuk by sy ou naam
Op Las
Bestuur a.k.a Die groot Kahuna. a.k.a die Fokken baas
Nê?
Poerdez