• About
  • Ons leef nog …

Poerdezmerdez

~ Menz. Lag of huil, menz bly menz.

Poerdezmerdez

Author Archives: poerdez

I am not who you think I am supposed to be …

01 Vrydag Nov 2019

Posted by poerdez in Poerdez

≈ Lewer kommentaar

… or am I?

Who am I? What do you feel when you say the word I?

“I am not what you think I am,  I am what you think I am.”

Poerdez

Labels …

30 Maandag Sep 2019

Posted by poerdez in Poerdez

≈ 10 Kommentaar

Lees menz nou die dag op FB oor Labels. Hoe dit wat jy is of het, jou label. Etikette pas nie so goed soos label nie, so verskoon maar die woord.

“Ons is maar mos almal actors on the stage of life…

Depressive disorder…Panic and Anxiety disorder… Personality disorder… Avoidance disorder… en tot ‘n sekere mate Obsessive Compulsive disorder… en Bipolar… ”

Label ons nie maar almal ander mense en ook onsself nie? So dat jy nie die mens sien nie, maar eerder die label aanspreek?

Fixer, bedonnerd, denker, grapgat, dronkie, vettie, graatjie, windgat, ryk, arm, vuil, emosioneel, onstabiel, reguit, kras, ens ….

Sien ons ooit werklik die mens agter die label? Soveel as wat hulle ons toelaat om te sien of ons hulle toelaat om te sien? Let jy ooit op hoe jou woorde en dade (somtyds onbedoel en ongesensor) kneusplekke op ‘n ander se siel los? Dink jy soms oor die mens agter die label of is die label genoeg betrokkendheid want jy kan nie nog ander mense se issues ook hanteer nie?

Alleen. Dit kom ook in die post voor. Bitter alleen. Dit kan menz/mens ook tussen mense voel. Bitter min mense kan alleen wees met hulself – die mens is nie geskape om alleen te wees nie. Maar soms is alleen beter as seer. Gee mens dalk partykeer soveel dat daar nie genoeg oorbly om self heel te wees nie?

Menz se label vandag: melankolies.

Die sal ook oorwaai. Dalk omdat ons so lanklaas reën gehad het. Dalk omdat dit vandag bewolk maar tog so droog is. Dalk meer hormonal as homicidal. Dalk sommer net.

“♪ Before I blame someone else, I’ve gotta save myself. ♪”

Poerdez

Antwoord aan Israel …

20 Dinsdag Aug 2019

Posted by poerdez in Poerdez

≈ 3 Kommentaar

Met google translate lees dit so:

Good morning notorious lady,

It is thought that you would be a cunning South Siberian mountain savior, which would make you worse than a watery cross-worked Kalahari donkey mare.

Please slap a toe south and kick in the stranger. Norrefok we don’t fall for your stories.

Melktertgroete

😀

Poerdez

$13,609,000.00USD vir jou as jy kans sien …

19 Maandag Aug 2019

Posted by poerdez in Poerdez

≈ 6 Kommentaar

From: Ms. Argeseanu Ileana <kathia.insfran@mag.gov.py>
Sent: 18 August 2019 05:53 PM
To: Recipients <kathia.insfran@mag.gov.py>
Subject: [SPAM] Project from Ms. Argeseanu Ileana

 

I am Ms. Argeseanu Ileana; I am the Chief Internal Auditor Banking Division with FIRST INTERNATIONAL BANK OF ISRAEL LTD (FIBI), Tel Aviv branch, Israel. I have a project of $13,609,000.00USD that I love to introduce and share with you. Kindly respond back to me and I will explain more to you.

Regards
Ms. Argeseanu Ileana
Chief Internal Auditor
Banking Division
FIBI BANK ISRAEL.my message.

 

Hierdie epos kom weekliks. Al is die adres geblok en gespam en na die go-to-hell-boksie gestuur.

Vandag stuur menz ‘n antwoord terug:

 

Goeie more berugte dame,

Mens vermoed dat jy ‘n sluwe Suid-Siberiese bergslet sou wees, wat jou erger as ‘n wetterse dwarsgewerkte Kalahari-donkiemerrie sou maak.

Klap asb ‘n toon suidwaarts en moer die vreemde in. Norrefok val ons vir jou storietjies nie.

Melktertgroete

Poerdez

PS: as een van julle dalk in die miljoene wil deel, kontak gerus die dame. Op eie risiko.

Hoeveel van ons dink aan hierdie dinge?

02 Vrydag Aug 2019

Posted by poerdez in Poerdez

≈ 3 Kommentaar

Menz weet dit nie gereeld dat mens by ‘n sterfbed staan nie, maar menz dink dis goed om hiervan bewus te wees.

deathbed

So op ‘n morbiede Vrydag …

Poerdez

Hokaai, stop die lorrie!

26 Vrydag Jul 2019

Posted by poerdez in Poerdez

≈ 5 Kommentaar

Sou dit nie wonderlik gewees het as menz/mens voor elke fout began word, ‘n waarskuwing kon ontvang nie? Of ten minste ‘n kans om te besin voor jy voortgaan nie?

hokaai

Hmmmm.

Poerdez

‘Skies tog, menz weet maar min …

25 Donderdag Jul 2019

Posted by poerdez in Poerdez

≈ 9 Kommentaar

… maar van wanneer af word ‘n grootte bo 10 as PLUS gesien?

plus

Menz dog nog altyd dat 16 tot 18 ‘n gemiddelde grootte is? Nou moet jy ‘n 6 – 8 wees om gemiddeld gebou te wees? Really?

Hal uit julle broodborde en begin broodjies maak, daar is heelwat vroue wat gevoer moet word. Fok, hulle is honger!! En dis hoekom daar soveel kak in die land is.

So, as jy ‘n benerige anoreksiese geval sien, druk ‘n broodjie of ‘n koekie in haar mond en red haar lewe!

Poerdez

Uhm, nee rêrig?

23 Dinsdag Jul 2019

Posted by poerdez in Poerdez

≈ 5 Kommentaar

Menz lyk soos ‘n guppy op droë grond soos menz se mond oop en toe gaan vir asem omdat 6 000 vloekwoorde terselfdertyd wil uit. En menz se vingers kry spasmas soos menz hulle probeer weg hou van die sleutelbord. Die kop knik so op die nek na die linkerskouer  se kant toe asof menz ‘n nervous tick het.

help

Forfucksakes! Really!?!?!?

Poerdez

PS: vlak graffie, ma se kind, vlak graffie …

Verby Meraai, verby …

11 Donderdag Jul 2019

Posted by poerdez in Poerdez

≈ 3 Kommentaar

Die meeste van ons het groot geword en iemand geken wat either by die spoorweg, Yskor, polisie, weermag, staat, poskantoor of mislikepailteit gewerk het. Wat banaal middelklas was, nou uiters desperaat laerklas.

Maar meestal goeie mense. Nee, nie maar nie. Net. Gewone mense. Al was daar tannies wat hulle verbeel het hulle hoort eintlik in Waterkloof te bly en nie in Daspoort nie. Ooms wat net soos die ooms in Waterkloof die katjies in die donker geknyp het, al het hulle nie die geld of die looks gehad om aandag te trek nie (of die geld en die looks wat hulle gedink het hulle het nie).

Daardie tyd was daar nie iets soos ‘n wit plakkerskamp nie. Die rêrige arm mense het in woonstelle in Sunnyside of Arcadia gebly. Of later in ‘n RDP huis in voorheen-gemiddelde woonbuurte. Almal in die onmiddelike omgewing het mekaar geken en gegroet. Soms by mekaar gebraai of gekuier (is braai en kuier eintlik dieselfde ding?). Almal het vrugtebome in hulle tuine gehad en gespog met hulle rose en ranonkels. Die huise was gereeld geverf en die gras altyd kort. Die grootste sonde was om ontydig swanger te raak en die kerke het almal gepreek oor die vagevuur en die duiwel wat jou sal ry as jy nie in jou spoor trap nie.

As menz alle ander dinge buite berekening laat (dit wat na 1994 van die land geword het, inflasie, belasting en misdade wat onaangemeld gebly het), verlang menz tog terug na daardie tyd.

Dit was ongekompliseerd. Almal het net ‘n lewe probeer maak. Dit was nie die war zone waarin ons vandag leef nie. Dit was ook voor die koms van die rekenaar en die internet, toe almal nog koerant gelees het en nuus gekyk het. Ons het minder geweet en miskien was dit beter so.

Menz dink: hoe minder jy weet, hoe minder worry jy. Hoe meer jy weet, hoe minder slaap jy.

*sug*

Poerdez

 

“Video killed the radio star …”

14 Vrydag Jun 2019

Posted by poerdez in Poerdez

≈ 3 Kommentaar

Ons kuier soms op Wilge (in die middel tussen Kusile en Kendal kragstasies) en Wilge lê in ‘n holte waar die sein so elke drie dae ‘n tydelike verskyning maak en die son net soms by uitkom.

Die kuiers daar gebeur op die stoep, om die kombuistafel en in die stikamer. En dis lippeklap van aankoms tot vertrek. Soms is dit dieselfde stories wat ons vorige kere gehoor het, soms kry die stories stertjies by en soms verander die karakters se name. Maar dis nog steeds lekker kuier en lekker lag.

Helaas, met die koms van Openview TV en die nuwe wêreld wat vir hulle oop gegaan het (wyer horisonne as SABC 1 – 3 en E-TV), staar almal na die verligte boksie in verwondering en vergeet skoon van gesels. Omdat ons die meeste van die reekse en flieks reeds gesien het (Openview is bietjie agter), is dit vir ons ou nuus.

Dis sad. Ons gun hulle die nuwe horisonne, maar ons mis die gesprekke. Ten minste kuier ons nog om die vuur en die tafel, ons het dit nie heeltemal verloor nie.

Video killed the radio star, TV killed the personal connection.

Poerdez

 

 

← Older posts

Onlangse Bydraes

  • I am not who you think I am supposed to be …
  • Labels …
  • Antwoord aan Israel …
  • $13,609,000.00USD vir jou as jy kans sien …
  • Hoeveel van ons dink aan hierdie dinge?

Nuutste kommentaar

woestynkind oor Labels …
HesterLeyNel oor Labels …
poerdez oor Labels …
Storieklong oor Labels …
woordnoot oor Labels …

Argief

  • November 2019
  • September 2019
  • Augustus 2019
  • Julie 2019
  • Junie 2019
  • Mei 2019
  • April 2019
  • Maart 2019
  • Februarie 2019
  • Januarie 2019
  • Desember 2018
  • November 2018
  • September 2018
  • Augustus 2018
  • Julie 2018
  • Junie 2018
  • Mei 2018
  • April 2018
  • Maart 2018
  • Februarie 2018
  • Januarie 2018
  • Desember 2017
  • November 2017
  • Oktober 2017
  • September 2017
  • Augustus 2017
  • Julie 2017
  • Junie 2017
  • Mei 2017
  • April 2017
  • Maart 2017
  • Februarie 2017
  • Januarie 2017
  • Desember 2016
  • November 2016
  • Oktober 2016
  • September 2016
  • Augustus 2016
  • Julie 2016
  • Junie 2016
  • Mei 2016
  • April 2016

Kategorieë

  • Boks van die week
  • Die Groot Kahuna
  • Dinkwerk
  • Flieks
  • Klanke
  • Koebaai Meraai
  • Menz
  • Monday Melodies
  • Poerdez
  • Sê nou maar …
  • Uncategorized
  • Vrydag Funnies
Follow Poerdezmerdez on WordPress.com

Create a free website or blog at WordPress.com.

Kanselleer
Privacy & Cookies: This site uses cookies. By continuing to use this website, you agree to their use.
To find out more, including how to control cookies, see here: Cookie Policy