Rooiwillejan setees klinkel uit die radio …
Piep…piep…peeeeeeeeeep. [Diep ernstige mansstem] Ons onderbreek die geskeduleerde programering met die volgende noodberig.
Die stigtingsvergadering van die AartappelWaarderingsKlub (AWK) vind eerskomende Dinsdag 1 Mei plaas by die plek LANGS Una se plek langs die dam. Begintyd is min of meer by benadering elevensys.
Alle moere welkom. Belangstellendes word versoek om Una te laat weet of hulle sou wou sodat daar darem ‘n stoel per moer kan wees.
Dit is die einde van die noodberig.
♪Tjikeling tjikeling♪ tokkel Rooiwillejan voort.
Poerdez