Sleutelwoorde

… ‘n kruiwa gestoot? Menz praat nou nie van die wye bek kruiwaens waarin jy jou dooie blare en gesnyde gras gooi en stoot tot waar jy daarvan ontslae raak nie.

Menz praat van ‘n boukruiwa.

kruiwa

Blykbaar is dit ‘n vreeslik ongewone gesig om ‘n vrou ‘n kruiwa te sien stoot in ‘n gewone banale middelklasbuurt. Die getjierie-tjierie-tjierie van die kruiwa se wiel het ook nie veel gehelp om menz incognito die bourommel te laat afgooi nie. ‘Skuus, dit was meer van ‘n TJIERIE-TJIERIE-SQUEEK-TJIERIE geluid. Die bouimplemente is duidelik nie in algemene gebruik in hierdie huishouding nie.

Desnieteendstaande en overgesetsynde (soos oom Oubaas altyd sê), was daar amper drie botsings tussen voertuie, twee gevalle van amperse berading en ‘n onbevestigde UFO sighting in menzsestraat verlede Vrydag-middag.

En ‘n menz wat amper nie kon bed toe kruip daardie aand nie. Menzsehande en rug is mos niks anders gewoond as 10 ure agter ‘n rekenaar sit, jumping to conclusions, pushing my luck, dodging deadlines, sidestepping responsibility en messteek in ander se ruê nie.

jumping

Ewenwel, menz en die kruiwa EN die gemeenskap het daardie insident oorleef. Miskien met blywende skade aan almal se brose psige, maar ons leef nog.

So, as jy dalk in ‘n gewone banale middelklas buurt ry en jy sien ‘n vrou wat ‘n tjierie-tjierie-TJIERIE!!! kruiwa stoot, moenie links of regs kyk nie. Kyk net voor jou en versnel. Kyk wel as jy bereid is om dit op eie risiko te doen. En geld het vir die berader na die tyd.

Poerdez