*Wat Sou Jy Doen/What Whould You Do

Ook bekend as: vra namens ‘n vriend/asking for a friend

Synde dat ons soveel belese en berese bloggers in die omtrek het, het menz gedink dat dit goed sou wees om verskillende menings oor situasies en optredes te kan hoor. Hoe mense sou opgetree het in soortgelyke situasies – dieselfde or anders? Sou julle ander opsies raak gesien het en tot ander gevolgtrekkings gekom het?

Alle opinies of gevolgtrekkings is welkom.

  1. Genoemde vriend maak wend ‘n poging aan om na werk by ‘n ander vriend ‘n draai te gaan maak voordat die vertrek op ‘n oorsese reis. Vriend vat padkos vir die vlug saam in die vorm van geliefkoosde lekkergoed en tjoklits – vriende ken mos mekaar en weet waarvan mekaar hou. Tydens die besoek is daar ‘n ander vriend teenwoordig wat die lewende wit waks uit die besoekende vriend irriteer, maar almal word siviel hanteer en daar word koffie gedrink. Die besoekte en die ander vriend praat soveel in hulle moedertaal, dat die besoekende vriend uitgesluit en minderwaardig voel. Besoekende vriend knip toe die kuier kort en gaan huis toe.

Die opsies soos menz dit aan vraende vriend sou stel, is die volgende:

  1. Die oomblik toe jy ongemaklik begin voel het, moes jy vra vir ‘n vertaling sodat jy ook kon verstaan wat gesê word.
  2. Die oomblik toe jy ongemaklik begin voel het, moes jy jouself verskoon het en die geselskap verlaat het.
  3. Die oomblik toe jy ongemaklik begin voel het, moes jy aan hulle verduidelik het dat jy hulle gedrag/optrede nie waardeer nie en dat dit ongeskik is om lede van die geselskap op so ‘n manier uit te sluit.
  4. Jy moes besef het dat jy nie eintlik welkom was nie.

Wat dink jy?

Poerdez

PS: nee, niemand het vinger gewys nie, menz wou net hoor wat ander mense in so ‘n situasie sou doen

PPS: ja, menz is ‘n swak en slegte menz, menz hou nie van konfrontasie met menz se naastes nie … menz het nie hierdie skoene voor ‘n ander mens neer gegooi nie.