Aan die ander kant van jou skerm sit ‘n menz. ‘n Doodgewoon, basiese menz.

Menz verpak nie perdedrolle as vye in ‘n blink dosie met ‘n strikkie om nie. Kak is kak. Menz is reguit, partykeer tot die dood toe. Menz moet nogals gereeld voete ruil as gevolg van hierdie reguit.

Menz hanteer bitter baie dinge in die lewe bitter sleg: wreedheid, ontrouheid, skynheiligheid, leuens, en hoenders* (onder andere/om ‘n paar te noem).

  • Menz het as 4-jarige baie noue (en meer nadere) ontkomings gehad met ‘n wit kaalnekhoenderhaan wat menz wou eet. Of by gebrek aan tande (in die hoender se bek), doodskop. Menz doen nie lewendige hoenders nie. Menz dink dat in hierdie geval revenge best served hot is in die vorm van ‘n hoenderdis op menz se bord. Menz het nou al daardie haan 70×7 keer opgeeët. Met tande.

Menz het nie geite nie. Menz het waardes. EN daarom het menz nie vriende nie. Menz vra min, maar verwag blykbaar te veel. Menz glo, maar menz glo menz se eie glo – en dis nie hoofstroom Calvinisties nie.

Menz het menzseMan allerverskriklik lief, to infinity +5. Menz het menzseMan gekies bo kinders en rykdom en easy (die kinders kon nie, die rykdom werk ons nog aan en NIKS in die lewe is easy nie).

Menz lees en sing (in die stort) in Engels. Menz is boer maar nie tot die dood toe nie.

Menz is nie bang vir doodgaan nie, menz is versigtig vir die hoe. Menz wil nie ly nie.

Menz het nog nooit dwelms gedoen nie, menz is control freak par excellence. MAAR menz glo in die helende kragte van die natuur en daggabrandewyn (wat menz nog nooit gedrink of gemaak het nie – maar daar is ‘n plan). Menz rook, want menz mag skynbaar nie by die werk drink nie ….

Menz is nie mooi of ryk of slim of oulik nie. Ook nie dun nie … menz KAN kook … *giggel*

Menz is net.

Welkom in menz se lewe en woorde. Menz waardeer elkeen van julle (waardeur ook dan as dit moet).

Poerdez